“Ek het jou geken toe .”

ImageWees versigtig wanneer jy in die teenwoordigheid van mense is wat sê: “Ek het jou geken toe.” om te probeer om jou te etiketteer of te beperk. Toe Dawid as vrywilliger aangebied het om met Goliat te veg, wat sy geloof ‘n verleentheid vir sy ouer broer, Eliab, ‘n offisier in Koning Saul se weermag. Eliab het gedink: “As my kleinboetie wen, sal almal vra: ‘Hoekom het jy nie teen hom gaan veg nie?'” Jy moet besef dat jou besluite om na vore te tree en God te volg, druk op ander gaan plaas. Die eerste plek waar jy dit gaan voel, is tussen die mense wat die naaste aan jou is, veral as jou roeping jou eenkant sit, en jou laat uitstaan bo ander.

Die Bybel sê Eliab “het hom vir Dawid vererg en gesê: ‘Waarom het jy hierheen gekom en aan wie het jy daardie klompie kleinvee in die droë veld afgegee? Ek ken jou vermetelheid en kwaadwilligheid,'” (1 Sam. 17:28, NAV). Voordat Dawid vir Goliat kon oorwin, moes hy die gedagtes en opinies van diegene rondom hom oorwin. Jy sal ook moet!

Kyk na Jesus se lewe. Toe Hy teruggegaan het na sy geboortedorp toe, het hulle gesê: “Waar kom hy aan al hierdie dinge, en watter besondere gawe van wysheid het hy dat daar sulke kragtige dade deur sy hande plaasvind? Is hy dan nie ‘n timmerman, ‘n seun van Maria (nie) . Die mense wou niks van Hom weet nie. Jesus sê toe vir hulle: ”n Profeet word oral erken behalwe in die plek waar hy grootgeword het, en in sy familiekring en sy gesin.’ Hy kon daar geen enkele wonderwerk doen nie, behalwe dat Hy sy hande op ‘n paar siekes gelê en hulle gesond gemaak het. Hy was verbaas oor die ongeloof van die mense,” (Mark. 6:2-6, NAV).

Kopiereg 2007 Radiokansel. | www.radiokansel.co.za

Scroll to Top