
Iemand wat sê, ‘As jy God regtig liefhet en volgens Sy Woord lewe, sal jy nooit depressief word nie,’ het ooglopend nog nooit die Skrif gelees en nooit depressief geraak nie. Elia het vuur uit die hemel laat neerkom om ‘n aanskoulike oorwinning te behaal, maar het daarna so depressief geword dat hy eerder dood wou wees. ‘…Nou is dit genoeg, Here! Neem my lewe…’ (1 Konings 19:4 NV-1983). Dis baie erge depressie!
Wanneer jy voorgee om super-geestelik te wees en mense onder die indruk te laat dat jy nie ook worstel met dinge soos vrees, mislukking, finansies, familie of gevoelens nie, dan gee jy hulle ‘n kompleks en laat hulle wegloop met die gevoel dat hulle nie voldoende spiritualiteit het of volwasse genoeg is om deur God gebruik te word nie.
Jesus het Homself ontklee en Sy dissipels se voete gewas. Toe het Hy hulle aangesê om dieselfde vir mekaar te doen. Jy is slegs meer doeltreffend as jy deursigtig is.
Wetende dat leierskaps-besluite geneem moes word oor die toekoms van hul kerk, het hierdie prediker se vrou oorweldig laat voel en sy het gebid: ‘Here, ek weet nie hoe om al hierdie besluite te neem nie.’
God het vir haar gesê: ‘Ek het reeds elke besluit oor jou en die kerk geneem. My wil is vasgelê in die ewige raad. Alles waaroor jy vandag moet besluit, het Ek reeds gister besluit, en môre sal jy in My seëninge en voordele voortgaan.’
Bron : Radiokansel




