Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Ingeval ek ooit vergeet!
‘Die twee kinders in verflenterde oorgroot jasse het nét binne die stormdeur geskuil. ‘Het u ou koerante, mevrou?’ Ek was besig. Ek wou nee sê; totdat ek hulle voete gesien het. Sandale sopnat van die sneeu. ‘Kom in, laat ek vir julle warm sjokolade maak.’ Hulle het nie gepraat nie. Hulle nat sandale het merke op die vloer gelos. Ek het warm kakao, en roosterbrood met konfyt aan hulle gegee om hulle bietjie warm te help maak. Toe is ek terug na die kombuis om aan my huishouding se begroting te werk. Dit was stil in die sitkamer. Ek het ingeloer. Die meisietjie het na die leë koppie in haar hand gekyk. Die seun het gevra, ‘Is u ryk, mevrou?’ EK het na my verslete meubels gekyk. ‘Goeie hemel, nee, ek is nie ryk nie!’ Die meisie het die koppie versigtig in die piering teruggesit. ‘Die koppies en pierings pas by mekaar.’ Haar stem was oud, met ‘n honger nié van die liggaam nie.
Toe is hulle weg, hulle bondels koerante fladderend in die ysige wind. Hulle het nie dankie gesê nie. Dit was nie nodig nie; hulle het báie méér gedoen. Eenvoudige blou koppies en pierings, maar hulle pas by mekaar. Artappels en vleissous, ‘n dak oor ons koppe, my man met ‘n vaste werk – hierdie dinge het ook by mekaar gepas. Ek het die stoele van die kaggel weggeskuif en die sitkamer opgeruim. Die klein modderige spore was steeds op die vloer. Ek het dit só gelos. Ek wóú hulle daar hê om my te herinner hóé ryk ek is.
Die moderne samelewing word hoofsaaklik gekenmerk deur ‘n vorm van indiwidualisme. Hierdie leefstyl bou hoe mure, deel min gevoelens en fokus op alles wat ek…