
Phil Yancey sê: ‘Moord en owerspel is net ‘n graad verwyder van haat en wellus…Paulus gebruik skerp taal wanneer hy oor selfvoldane mense praat…As ‘n Fariseër…het hy die patroon geken…die gevaar wat met ‘n gevoel van morele meerderwaardigheid gepaard gaan. Net soos ontkenning jou verhoed om ‘n dokter oor ‘n knop te spreek…lei ontkenning van sonde na erger gevolge…Ek sou ‘n praatjie lewer vir Christene op ‘n kursus…Terwyl ek oorweeg het wat ek sou sê…het ek onthou wat gerehabiliteerde alkoholiste elke dag bely – persoonlike mislukking en die behoefte aan genade…verteenwoordig hoë hekkies vir diegene van ons wat trots is op ons onafhanklikheid en selfstandigheid. Romeine 3:10 NLV sê, ‘…”Niemand is goed nie – selfs nie een enkele een nie…’ en God se genade is die enigste oplossing. Dis verniet, behalwe vir die Wet, en…menslike strewe na selfverbetering…ons hoef slegs ons smekende hande uit te steek – die moeilikste ding vir selfvoldane mense.’
Bron : Radiokansel




