As jy dit toelaat, gaan twee goed jou gemoedsrus versteur:
1) Die verlede. Ons almal maak foute – selfs diegene wie jy bewonder. Die Bybel sê: ‘Elkeen sal rekenskap moet gee oor wat hy gedoen het’ (Galasiërs 6:5 NV). Ons almal sê en doen dinge wat ons nie wou sê of doen nie. ‘So wat kan ek doen?’ vra jy.
Bid dat God jou vergewe, vertrou Hom om alles te laat uitwerk. Hy kan jou help om jou foute te herstel. Byvoorbeeld, as jy iets sê wat kon gebly het, moenie daaroor tob asof jy iemand aanstoot gegee het nie. Vra die Here om hulle te laat verstaan jou hart was reg, al het jy gefouteer. Vertrou God om in hulle te werk.
Sodoende hoef jy nie vir dae aaneen angstig te voel of inmekaar te krimp as jy hulle raakloop nie.
2) Die toekoms. God gaan nie môre se behoeftes vul totdat môre aanbreek nie. So, as jy jouself opwerk oor die ‘wat as,’ staak dit en dink aan hierdie woorde van Jesus: ‘Julle moet julle dus nie bekommer en vra: “Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?” nie. Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee’ (Mattheus 6:31-33 NV).
Victor Hugo het gesê: ‘As jy jou dagtaak voltooi het, gaan slaap in vrede; God bly wakker!’
Bron : Radiokansel




