Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Is jy ‘n perfeksionis?
God het geglimlag die dag toe jy gebore is. Hy was nie verplig om jou te maak nie – dit was Sy keuse. As jy dít snap, sal jy nooit weer minderwaardig voel nie. Farai Chideya het aan Harvard gegradueer, en vinnig die beroepsleër by Newsweek tydskrif geklim. Ten spyte daarvan, het sy al die jare aan bulemie gely in ‘n poging om soos die glansfigure in haar kunsmatige wêreld te lyk. Toe sy uiteindelik uit die greep van die verwoestende siekte kon wegbreek, het sy geskryf: “Om gewig te verloor, het nie my persoonlikheid verander of my emosionele bagasie ligter gemaak nie. Ek het geglo ek wou maer wees. Maar eintlik wou ek net gelukkig wees – en nie my uiterlike óf my prestasies kon dit bewerkstellig nie. Omdat ek myself nie kon aanvaar en liefhê nie, was die aanvaarding van ander nooit genoeg vir my nie. In my strewe na perfeksie, het mense gedink ek is afsydig, terwyl dit juis toenadering was wat ek gesoek het.”
Jou obsessie met perfeksie sal: (1) jou vasgevang hou in eensaamheid, want bevredigende verhoudings kan slegs gebou word op eerlikheid en volkome aanvaarding; (2) jou dwing om jou tekortkominge te sien as iets wat weggesteek moet word, in plaas van geleenthede vir groei; (3) jou dwing om te fokus op wat jy eendag gaan wees, in plaas daarvan om jouself te geniet net soos wat jy nou is; (4) jou ontneem van die geleentheid om sinvol te lewe, want as jy die heeltyd op jouself fokus, sal jy niks oorhê om aan ander te gee nie. Dink daaroor!
Kort agter vergelyk, is beheer. Mense wat behep daarmee is om te beheer gebruik baie keer manipulasie, skimpe en verskuilde dreigemente. Genade en guns is…