Om te groei in guns

ImageKort agter vergelyk, is beheer. Mense wat behep daarmee is om te beheer gebruik baie keer manipulasie, skimpe en verskuilde dreigemente. Genade en guns is nie eintlik hulle sterkpunte nie, want hulle is eiewys en dink dat hulle alwetend is (vergelyk Rom. 12:16). Sien jy enige van die eienskappe in jouself raak? Dink net hoeveel gelukkiger jy kan wees as jy nie meer mense om jou en die uitkoms van situasies sal probeer beheer nie. Dennis Leonard het geskryf: “Gee aan jou geliefdes die waardigheid om hulle eie foute te maak en daaruit te leer. As jy altyd gaan inmeng in iemand anders se lewe, gaan jy nie net uitbrand nie, jy weerhou God daarvan om in hulle lewe te werk. Hulle behoort aan Hom, nie aan jou nie!
Paulus skryf die volgende aangaande die stryd oor Joodse voedselwette: “Die een wat alles eet, moet die ander wat net groente eet, nie verag nie; en die een wat net groente eet, moet die ander wat alles eet, nie veroordeel nie, want God het hom aangeneem,” (Rom. 14:3, NAV). Omdat jy nie gemaklik voel om iets te doen nie, mag jy nie ander veroordeel wat dit wel doen nie. As jy ‘n besliste mening oor iets het, gee dit jou nie die reg om dit op ander af te dwing nie.
Vra jouself af of jou houding vrede of verdeeldheid gaan veroorsaak. Om te groei in guns, beteken dat ons “ons (moet) beywer vir . onderlinge vrede” (Rom. 14:19, NAV) en nie moet spog met ons vryheid by ander wat nie dieselfde oortuigings as ons het nie. Paulus het gesê: “Elkeen moet net in sy eie gemoed oortuig wees van sy opvatting,” (Rom. 14:5, NAV). Daar is tye wanneer jy nederig moet wees en biddend moet deurdruk, wat ook al gebeur!
© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)
Scroll to Top