
“Hoe sal jou geloof wees as jy weet dat God nie verras was deur jou omstandighede nie en saam met jou werk na ‘n heilige, gesonde oplossing? George Mueller het een keer in die dokke gewag vir ‘n spesiale stoel wat afgelaai moes word omdat hy ‘n swak rug gehad het en dit nodig gehad het vir sy seereis. Toe vertrektyd kom en die stoel nog nie gekom het nie, bied sy vriende aan om vir hom een te koop, maar Mueller het gesê, ‘God sal of voorsien, of aan my die genade gee om daarsonder klaar te kom.’ Toe, soos aan die einde van ‘n Hollywood-film, het die stoel net betyds gekom! Hoe sal jy anders optree, dink en lewe as jy so seker was dat God aan die einde van jou doodslyn is . selfs al is daar net sekondes oor? Die Bybel sê: “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid,” (Heb. 13:8, NAV). Tyd verminder nie sy liefde of sy mag om in jou lewe te werk nie. Hy was in die verlede, Hy is nou, en Hy sal in jou toekoms wees. ‘n Duisend jaar is vir Hom soos ‘n paar uur. Hy wil jou graag in die ewigheid besorg, nie net aan die einde van die naweek nie.”
© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)



