Image

ImageDaar word genoeg hooplose stories elke dag in Suid-Afrika gesirkuleer om jou permanent depressief te maak. Maar te midde van die jongste misdaadverhale en kragonderbrekings is God stilweg aan die werk.

Soos nou die dag toe ’n vriend vir ds. Semenya en sy vrou in Tembisa ’n motor geskenk het om hul bediening vir die Here behoorlik te kan doen. Of toe ’n gelowige sakeman stilweg begin het om die salaris van ’n huismoeder by ’n kinderhuis in Pretoria te betaal omdat die staat se subsidies opgedroog het.

Die Here se mense is orals op hul pos. Spits net ’n slag jou ore en luister ook na die jongste verhale van hoop. Nog beter, sorg dat jy die hoofrolspeler in die volgende genadestorie is; een wat eer aan ons Hemelse Vader sal bring.

~Stephan Joubert (www.ekerk.co.za)

Scroll to Top