Wie het reg op my siel?

Image

Image“Ek gee my siel vir my werk,” sê iemand nou die dag. Wel, ek dink nie my werk het enige reg op my siel nie. Hulle het wel die reg op ‘n deel van my tyd, want hulle koop dit by my. My werk kan ook op my lojaliteit aanspraak maak. Maar my werk kan nie al my tyd of my absolute lojaliteit opeis nie. Ook kan my werk nie my totale identiteit bepaal nie. Ek is meer as my beroep. Ek het ‘n lewe na-ure. Ook het ek ‘n lewe na afloop van ‘n bepaalde werk ook. Ek is veel meer as ‘n werker by ‘n bepaalde plek.

Al is my werk hoe goed vir my, en al werk ek hoe hard- die dag as ek weggaan of aftree, word ek maar net deur iemand anders vervang! Niemand by enige werk is onmisbaar nie. Maar by die Here is dit andersom. Elkeen van sy kinders is onsmisbaar in sy oë. Ons almal is onvervangbaar. Daarom dat net die Here die reg op ons ganse lewe het. Sy wens is ons bevel! Sy drome is ons koersaanwysers. Sy keuses is ons hele lewe. Daarom volg ons Hom by die werk en ook na-ure met oorgawe.

Vrede

~Stephan Joubert

Scroll to Top