Selfvertroue voor God

vergifnis1508

vergifnis1508Jesus het vir ‘n kwadrupleeg op ‘n bed gesê: “Vriend, wees gerus; jou sondes word vergewe…” Dalk vra jy: “Watter sondes kan ‘n kwadrupleeg hê?” Daar is drie maniere om te sondig:

1) Dade: Die dinge wat ons doen.

2) Versuim. Die goeie wat ons nie doen nie.

3) Gesindheid. Ons verkeerde ingesteldheid.

Hoekom het Jesus nie net gesê, “Staan op, neem jou bed en loop,” nie? Omdat jy die vrymoedigheid het om God te vra wat jy nodig het as jy weet jou sondes is vergewe, het jy ook die geloof om te doen wat Hy vir jou sê. Die wete dat sy sondes vergewe is, het hierdie man in staat gestel om te doen wat almal gedink het onmoontlik is. Hierin lê ‘n belangrike les.

Nadat Adam gesondig het, het hy vir God weggekruip. Hoe weet jy as iets vir jou verkeerd is? Wanneer dit veroorsaak dat jy van God wegkruip. Wanneer dit jou keer om te bid, Bybel te lees, en tyd met God se kinders deur te bring. Die Bybel verbied sondes soos steel en owerspel, maar wat van die ander dinge wat nie so duidelik in die Woord uitgespel is nie? Om te weet wat reg of verkeerd is vir jou, hoef jy net een vraag te vra: “Hoe gaan dit my verhouding met God beïnvloed?”

Jy kan nooit verkeerd gaan as jy hierdie vraag stel nie. “… As ons gewete ons nie veroordeel nie, het ons vrymoedigheid om na God te gaan, en wat ons vra, kry ons van Hom omdat ons Sy gebooie gehoorsaam en doen wat Hy goedvind.” (1 Joh. 3:21 NV).

Scroll to Top