
Die huwelik is ‘n spesiale verhouding wat deur God geskep is. Julle is “nie meer twee nie, maar een,” (Matt. 19:6, NAV). Wanneer daar dus konflik is: (a) val die probleem aan, nie mekaar nie; (b) bly kalm en jou eggenoot sal minder geneig wees om goed persoonlik op te neem; (c) kies die beste tyd om die saak aan te spreek, nie wanneer julle albei moeg en die kinders honger is nie; (d) oorweeg jou eggenoot se siening; mans en vroue sien goed op verskillende wyses; (e) onthou: daar sal tye wees wanneer jy ‘n kompromie moet aangaan en tye wanneer jou eggenoot moet; (f) kies jou woorde versigtig. “Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is.” “Bemoedig mekaar,” (1 Tess. 5:11, OAV); “vergeef mekaar,” (Ef. 4:32, OAV); “Bid vir mekaar,” (Jak. 5:16, OAV); “(Spoor) mekaar aan . tot liefde en goeie dade,” (Heb. 10:24, NAV); “Dra mekaar se laste,” (Gal. 6:2, NAV); “Bewys eerbied teenoor mekaar,” (Rom. 12:10, NAV).
Dit som dit goed op!
© 2007 Radiokansel. | www.radiokansel.co.za




