
As jou waarde of sin van sekuriteit bepaal word deur enigiets anders as jou verhouding met God, gaan bekommernis jou verstik en die laaste lewensasem uit jou uit wurg. Ware geluk lê daarin om op God te vertrou vir enigiets wat jy nodig het, om te weet dat Hy dit aan jou sal gee wat goed vir jou is, en as iets nie goed genoeg is nie, al Hy iets beter aan jou gee.
Chuck Swindoll skryf: “Ons lewe tussen die onkruid omdat ons ‘n stil, respekvolle, geheime liefde daarvoor het. Ek weet dit. Ek het genoeg wonde wat dit bewys. Elkeen daarvan is ‘n stom herinnering aan jare wat ek vasgevang was in die boskasie, en van tyd tot tyd moet ek steeds ‘n paar plantjies uitpluk.” Wat van jou – is daar nog onkruid in jou lewe om uit te trek?
© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)



