Oorwin Die Vleeslike Natuur

2012-11-07 010935

2012-11-07 010935Paulus spreek die daaglikse stryd aan wat woed tussen ons ou natuur en die nuwe: “Die goeie [woon] nie…in my sondige aard nie. Daar is by my wel die wil om die goeie te doen, maar ek doen dit nie. Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek. En as ek nou doen wat ek nie wil doen nie, dan is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon.

Diep in my wese vind ek vreugde in die wet van God, maar ek vind in my doen en late ‘n ander wet, wat ‘n stryd voer teen die wet van my gees

Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos?” (Romeine 7:18-24 NV). As dit na ‘n beskrywing van jou eie lewe klink, lees verder: “Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood” (Romeine 8:2 NV).

As jy in ‘n vliegtuig vlieg, kom die wet van aerodinamika die wet van swaartekrag te bowe en lig jou bokant dit uit. Jesus doen dit vir ons.

Die “wet van sonde” oorheers slegs as jou vlees lewe. Daarom is die antwoord – sterf dit af! Dis die moeilike deel, want sodra jy dink jy het dit afgesterf, herrys jou ou natuur weer.

Dank God, ‘n nuwe mag is in werking, en hoe nader jy aan Jesus lewe, hoe meer sal daardie mag in jou lewe werk.

Bron : Radiokansel

Scroll to Top