
Jakobus skryf: “Die wysheid wat van Bo kom is vredeliewend” (Jak 3:17 NLV). In The Message vertolk skrywer Eugene Peterson hierdie skrif as volg: “Ware wysheid, God se wysheid, begin met ‘n heilige lewe en samewerking met andere. Dit is sag en redelik, loop oor van genade en seën, en is nie een dag warm en die volgende dag koud nie. Jy kan net ‘n gesonde gemeenskap wat na aan God leef kweek as jy hard werk om oor die weg te kom met jou medemens en almal met respek en eer behandel” (Jak 3:17-18 NLV). Let wel dat dit soms “harde werk” is.
So, volgende keer as ‘n situasie jou ontstel, vra jouself af, “Wat probeer die vyand nou weer regkry? As ek myself verloor in hierdie emosie, wat sal die gevolge wees?” Wanneer jy onsteld is, verloor jy jou geluk en jy verloor jou krag, want “die blydskap wat die Here gee, sal hulle krag wees” (Ne 8:10 NLV). So bid, oefen selfbeheersing uit en behou jou vrede.
© 2009 Radiokansel.co.za




