Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Voorberei, geplaas, geplant, gesnoei, gebloei (2)
Wat beteken dit om te plant? Om saad te begrawe waar die menslike oog hulle nie kan die nie sodat hulle kan ontkiem en uiteindelik vrug dra. In God se plan vir jou lewe het Hy die seëninge wat jy met tyd beleef, geplant. Net omdat jy deur ‘n veld loop en nie die saailinge kan dien nie, beteken nie dat die saad nie daar is nie – God het saad in jou lewe geplant wat vrug sal dra op verskillende tye.
Dit is wonderlik dat God plant. Hoekom doen Hy soveel moeite as Hy net een woord kan sê om iets te skep? Dink aan die liefde, die persoonlike betrokkenheid van die Skepper van die heelal wanneer Hy afkom en sy seëninge plant sodat dit in die verskillende seisoene van jou lewe kan opkom. Alles wat God vir jou geplant het, het nog nie opgekom nie, so moenie opgee of wegloop en sê: “Dit is al wat hier is,” nie. Nee, God het soveel geplant wat jy nog nie gesien of ervaar het nie. Jy is steeds besig om dit te word wat Hy geplant het. As jy dit besef, kan jou geloof dat dit sal gebeur, versterk word. Dit beteken ook dat God in jou glo – selfs wanneer jy nie in jouself glo nie.
Daar is talente in jou wat jy nog nie ontdek het nie en drome wat nog nie vervul is nie. Dit is waaroor die stryd gaan! Die duiwel is besig om te veg oor jou toekoms. Hy weet wat in jou geplant is en hy probeer om die saad dood te maak. Moenie hom toelaat om dit te doen nie. Jy is nie die persoon wat jy oor ses maande of ses jaar gaan wees nie, want tyd is hierby betrokke en alles word nie op dieselfde tyd geoes nie. Jy moet geloof en geduld hê anders gaan jy dit mis wat God vir jou beplan.
Mount Auburn, Amerika se eerste begrafplaas, was so mooi dat dit die gewildste toeriste aantreklikheid in Boston geword het. Central Park in New York is…