
(1) Onregverdige kritiek. Henry Ward Beecher het op ‘n dag kerk toe
gegaan om te preek. Terwyl dié uitstekende spreker sy Bybel op die preekstoel
neergesit het, sien hy ‘n stuk papier met die woord “swaap” op
geskryf, daar lê.
se skerp sin vir humor het dadelik oorgeneem. Hy het die papier opgelig sodat
almal dit kon sien en die kerk gevul met sy dawerende stem: “Gewoonlik
ontvang ek briewe van mense wat vergeet om hulle name onderaan te skryf, maar
hierdie brief is anders. Die persoon het sy naam opgeskryf, maar vergeet om die
brief te skryf!” Jesus het gesê: “Dit is onvermydelik dat die
struikelblokke kom,” (Luk. 17:1, OAV). Moet dus nie ontkant gevang word
daardeur nie. Onthou – as jy aangeval word, is dit ‘n teken van respek. Iemand
sien jou raak. Jy is besig om ‘n verskil te maak. Wanneer jy dus onregverdig
gekritiseer word, vergeet daarvan en beweeg voren toe. Jesus het!
(2) Regverdige kritiek. Regverdige kritiek het altyd ‘n tikkie
waarheid daarin. ‘n Ou Arabiese spreuk sê: “As een persoon jou ‘n donkie
noem, vergeet daarvan. Maar as vyf mense jou ‘n donkie noem, koop vir jou ‘n
saal.” Dr. James G. Kerr, ‘n bestuursielkundige, sê ‘n groot faktor wat
ons daarvan weerhou om inligting oor onsself in te win, is ons natuurlike
weersin om iets oor onsself uit te vind wat nie vleiend is nie. Wanneer ons
mure probeer bou om ons tekortkominge en ons foute vir onsself en ander probeer
wegsteek, verbeel ons ons eintlik dat ons perfek is en glad nie met ‘n bietjie
groei
doen ie. Op die ou einde veroorsaak dit ook dat ons onself die vreugde van
Geestelike groei ontsê.
Moenie terugdeins vir die waarheid nie, luister na waardevolle kritiek
en kyk hoe jy jouself geestelik
verrryk. Mens is mos nooit té oud om te leer nie.
© 2007 Radiokansel.
www.radiokansel.co.za

