Wees nederig!

Hudson Taylor1507

Een van die redes waarom Johannes die Doper as aankondiger van Jesus gekies is, was dat hy nederig was. Hy het nie grootdoenerige titels gehad nie; hy was slegs “‘n stem wat uitroep in die woestyn…’ (Markus 1:3 NLV). Daar was groot profete vóór Johannes, maar Jesus het gesê, ‘…onder al die mense wat ooit geleef het, is daar niemand groter as Johannes die Doper nie…’ (Matteus 11:11 NLV). Johannes het geen opgeblase ego of verskuilde agenda gehad nie; sy boodskap was eenvoudig: ‘Hy moet in belangrikheid toeneem en ek moet afneem.’ (Johannes 3:30 NLV). John Barnett sê: ‘Trots is die sonde wat met God kompeteer…dit maak jou self-vertrouend self-behep, self-bedrieglik, self-bewus, self-tevrede, self-standig, self-gefokus, selfgesentreerd en self-gedrewe. Dit maak jou onbetroubaar want niemand kan vir jou sê wat om te doen nie…liefdeloos, want jy sal geen opoffering vir ander maak nie… onopleibaar, want niemand kan jou teregwys nie…kompeterend, want jy probeer altyd beter wees as enigiemand anders.

Nederigheid beteken dat jy nie altyd gevra, herinner en raakgesien hoef te word nie…jý kyk waar jy kan dien.’ Iemand het aan Hudson Taylor gesê, ‘Besef jy hoe God jou in die China Inland Mission geseën het? Ek twyfel of enigiemand groter eer gehad het.’ Taylor het geantwoord, ‘Ek sien dit nie so nie. Ek dink God het na iemand klein…en swak genoeg gesoek om te gebruik sodat al die eer aan Hom kon gaan…en Hy het my gevind.’

‘God is téén dié wat te veel van hulleself dink, maar dié wat besef hoe afhanklik hulle van Hom is, aan hulle gee Hy sy onverdiende goedheid.’ (1 Petrus 5:5 NLV). Wees nederig!

Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)

Scroll to Top