Wees versigtig met jou advies!

2012-11-18 210844

As iemand na jou toe kom met ‘n persoonlike probleem, vra die volgende vrae: Wat dink jy het die probleem veroorsaak? Wat het jy daaromtrent gedoen? Op watter Skrifgedeeltes maak jy staat? Wat dink jy kan ek doen wat jy nie reeds gedoen het nie? Hierdie vrae sal jou help om diegene wat werklik hulp nodig het te onderskei van die wat slegs aandag soek. Sommige mense sien gebed as ‘n towerstaf; hulle dink jy kan dit oor hulle swaai en hul probleem sal net verdamp, sodat hulle kan aangaan met hul lewens soos hulle verkies.

Hier is ‘n ander situasie. Iemand sê: ‘Die dokter het ‘n operasie voorgestel. Wat moet ek doen?’ Tensy jy ‘n geneesheer is, wees baie versigtig met wat jy aanbeveel. As God met iemand gepraat het en hulle glo dat Hy hulle sal genees, moenie koue water daarop gooi nie. So, wat moet jy doen? Jesus het gesê:’…As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal My Vader wat in die hemel is hulle dit laat kry’ (Mattheus 18:19 NV). Die werklike vraag is, maak hulle op hul geloof of op joune staat? Jy kan mense God se Woord leer, maar jy kan hulle nie forseer tot op jou vlak van geloof alvorens hulle gereed is nie. Soms is mense gereed en soek slegs bevestiging. Die Bybel sê: ‘Julle is egter deur die Heilige Gees gesalf, en julle ken almal die waarheid’ (1 Joh 2:20 NV). Maar tensy God jou laat ‘weet,’ wees baie versigtig met wat jy adviseer!

Bron : Radiokansel

Scroll to Top