
Wat het Moses in die wildernes ondersteun? Sy visie! ‘Hy het volgehou soos iemand wat sy oog op die onsienlike gevestig hou.’ (Hebreërs 11:27). Niks kan jou laat deurdruk soos ‘n Godgegewe visie nie. Die Bybel sê, ‘Kyk reguit vorentoe; bly gefokus op wat voor jou is. Moenie links of regs van jou koers afwyk nie…’ (Spreuke 4:25-27). Wat sien jy in jou toekoms? Jy sal dit nooit kan aangryp alvorens jy dit nie sien nie! Teken jou visie en die rede waarom jy dit wil verwesenlik, aan, en wat jy bereid is om ter wille daarvan deur te maak. Teken dan elke uitdaging wat moontlik vir jou kan wag, aan. Op die manier sal jy goed voorbereid wees. Die verskil tussen wenners en verloorders is hoe hulle mislukking beskou. Verloorders sien mislukking; wenners kyk verder!
Bron : Radiokansel



