Verander en groei!

linus1805

linus1805In die Peanuts strokie vra Charlie Brown aan sy vriend Linus, ‘Wat sou jy doen as jy voel dat niemand van jou hou nie?’ Linus antwoord, ‘Ek sou kyk wat ek kan doen om te verbeter.’ Daarop sê Charlie Brown, ‘Ek háát dáárdie antwoord!’ Daar is drie redes waarom ons ook daardie antwoord haat en die lewe wil laat stilstaan waar dit nóú is: 1) Wanneer ons alles in die stryd gewerp het net om te kom waar ons nóú is, wíl ons nie hoor dat ons steeds moet voortgaan nie. 2) Ons hou van gewoontes; en die gewoontes maak ons wat ons is. 3) Verandering maak ons bang en onseker. Naby aan die kruin van die Berg Everest is daar ‘n bordjie met dié woorde, ‘Hy is dood terwyl hy geklim het.’ Groei beteken om berg-op te klim. As jy wil groei, mag jy nóóit ophou klim nie: ‘Die pad van die regverdiges is soos die lig met dagbreek. Dit word al helderder totdat die volle dag aanbreek.’ (Spreuke 4:18 NLV). Hoe groei en verander ons?

In sy boek Teaching to Change Lives vra Dokter Howard Hendricks die volgende aan onderwysers: ‘Hoe het jy onlangs verander? In die afgelope week? Of die laaste maand? Kan jy baie spesifiek wees? Of moet jou antwoorde altyd ongelooflik vaag wees? Jy sê dat jy besig is om te groei. Hoe? Op allerhande maniere? Noem een! Sien jy, effektiewe onderrig kan slegs deur ‘n veranderde persoon gedoen word. As jy nie meer verander nie, kan jy ook nie langer die leiding neem nie.’ Vra vandag aan God om jou te wys waar jy moet verander en groei

Bron : Radiokansel

Scroll to Top