Tyd om feite in die oë te staar

prodigal1504

prodigal1504Niks het verander nie, totdat die Verlore Seun gesê het: “Ek sal huis toe gaan na my pa toe en sê: ‘Pa ek het gesondig'” (Lukas 15:18 NLV). Jou storie kan ook soos hierdie storie ‘n gelukkige einde hê, maar dan moet jy:

1) Besluit om beheer te neem van jou lewe voordat jou omstandighede of ander mense dit doen. Jy is die sleutel tot die oplossing. Jy mag ‘n 101 verskonings hê vir die toestand waarin jy jou bevind, maar wat is jy bereid om te doen om dit te verander? Die verlore seun se pa het hom nie opgetel en huis toe gedra nie; hy moes dit self doen.

2) Dinge sien vir wat dit is, nie soos jy wil hê dit moet wees of wens dit was nie. Die verlore seun moes besef dat die huisreëls waarteen hy so gerebeleer het, daar was vir sy eie geluk, dat die gras nie groener aan die ander kant is nie en dat hy sy foute moes erken en regstel voordat hy met sy lewe kon voortgaan. “Die goddelose mens moet sy verkeerde dinge los… Hy moet terugdraai na die Here…” (Jesaja 55:7 NLV). God sal help, maar net as jy eerlik, ontvanklik en gewillig is.

3) Aksie neem terwyl jy nog kan. Die wet van evolusie sê dat dinge vanself verander en verbeter. Nee, sekere dinge word erger, nie beter nie, as daar nie aandag aan gegee word nie. Dit geld jou gesondheid, huwelik, kinders, finansies en jou pad met God. So, staar die feite in die oë en neem aksie terwyl jy nog kan.

Bron Radiokansel

Scroll to Top