Watter foute maak jy? (2)

advice_copy

advice_copyOp ‘n dag het Koning Sedekia vir die profeet Jeremia gesê: “Ek wil jou ‘n vraag vra. En moenie iets vir my wegsteek nie” (Jeremia 38:14 NLV). Sedekia was wyser as menige mense.

Een outeur skryf die volgende: “Ek het verander van iemand wat slegte nuus vermy het, in iemand wat dit kon verwelkom. Jare lank al laat ek die lede van my binnekring toe om my besluite te bevraagteken en vir my te sê wanneer hulle nie met my saamstem nie. Ek wil nooit ‘n fout begaan en dan agterna hoor dat ‘n spanlid sê: ‘Ek het gedink dit is ‘n slegte besluit’ nie.

Ek wil hê dat mense my vooraf sal sê, en nie wanneer dit te laat is om hulle raad te oorweeg nie. Teenstand voordat ‘n besluit geneem word, is nie dislojaliteit nie. Jy moet mense toelaat om hul opinies te lig en indringende vrae te vra. Menigmaal verkies leiers dat hul volgelinge net blindelings instem tot alles. Maar as daar stilte heers terwyl ‘n besluit geneem word, kan jy maar seker wees daar sal nie stilte wees wanneer die besluit eers geneem is nie.” Sir Francis Bacon het opgemerk: “As ‘n persoon seker wil begin, gaan hy in vertwyfeling opeindig; maar as hy bereid is om aanvanklik met twyfel te begin, gaan hy beslis in sekerheid opeindig.” Job het gesê: “Elkeen luister na my en waardeer my raad. Hulle wag in stilte vir my om te praat” (Job 29:21 NLV). Jy moet jouself gereeld afvra: Wat is my houding teenoor foute? Erken ek my foute? Leer ek uit my foute? Kry ek die beste moontlike raad?

Bron : Radiokansel

Scroll to Top