‘n Groot klip was voor die ingang na Lasarus se graf geplaas. Voordat Christus hom uit die dode opgewek het, het Hy gesê: ‘Rol die klip weg.’ Hieruit is ‘n les te leer. God wil herstel wat jy verloor het – sodra jy bereid is om die hindernisse wat in die pad staan uit die weg te ruim. Wat was agter die klip? ‘n Dooie se liggaam en dit het sleg geruik! Johannes skryf: ‘as ons gewete ons nie veroordeel nie, het ons vrymoedigheid om na God te gaan’ (1 Joh 3:21 NV). Jou selfvertroue om God te nader spruit voort uit die wete dat jy werk gemaak het van die dinge wat jou van Hom skei. En dit verg moed. Maar jy sal nooit die nuwe lewe ervaar totdat jy bereid is om dit te doen nie. God kan jou teruggee wat die lewe geneem het. Hy kan herstel wat jy verloor het, maar slegs as jy die waarheid aanvaar.
Koning Dawid het ‘n groot stank veroorsaak: egbreuk en moord. JoU kwessies mag dalk nie so sleg ruik nie, maar voordat God jou gebed kan beantwoord, moet jy dit erken. ‘n Meer berouvolle en belydende Dawid het geskryf: ‘As daar sonde in my hart was, sou die Here nie geluister het nie. Maar God het geluister, Hy het my gebed verhoor!’ (Ps 66:18-19 NV).
Dis waarom, as jy berading aan ‘n verslaafde gee, gaan dit nie slegs oor waaraan hy verslaaf is nie, maar wat hy met sy verslawing probeer wegsteek. Dit mag maande of selfs jare se terapie verg, maar die verandering begin alleenlik wanneer jy bereid is om ‘die klip weg te rol’ en toe te laat dat God werk maak van dit wat daaragter is.
Bron : Radiokansel