Stel Grense (3/4)

grense2703

grense27032) Deurlaatbare grense. Goed aangepaste mense vind ‘n balans tussen die beskerming van hul persoonlike ruimte en die toelating van ander om binne te kom. Hulle weet hoe om ‘ja’ te sê vir dit wat gesond is en ‘nee’ vir dit wat nie is nie.

Ander die ander kant, laat mense met deurlaatbare grense ander toe om hul lewens na willekeur binne te kom en hulle tyd en energie te tap, hulle keuses voor te skryf en hulle van belangrike verhoudings te ontneem. Hulle is nie in staat om ‘nee’ te sê nie, en laat ander toe om hulle te laat skuldig, verplig, liefdeloos of selfs ‘onchristelik’ voel as hulle dit weerhou wat daardie mense van hulle eis.

Hulle verontrief hulself, hulle families en vriende om aan die eindelose eise van hierdie skynbaar hulpelose, magtelose en ontoerekenbare ‘uitbuiters’ te voldoen, en glo dat hulle omgee en help. Die tol op die ‘helper’ is onmeetlik groot, en lei dikwels tot emosionele, fisiese, sosiale en geestelike oorlading.

Mense met deurlaatbare grense dra die gewig van baie van die dinge wat verkeerd is in die wêreld, en is uitgeput, angstig en voel skuldig en persoonlik verantwoordelik daarvoor dat hulle nie nog meer dinge kan doen en regmaak nie. “‘n Persoon sonder selfbeheer is soos ‘n stad sonder ‘n muur wat beskerming bied.”

Dis belangrik om te verstaan dat jy nie in beheer van jou eie lewe kan wees as jy oorweldig is deur ‘n gevoel van verantwoordelikheid vir ander mense se lewens nie.

Stel ‘n paar grense en leef die lewe wat God jou gegee het om te leef!

Bron : Radiokansel

Scroll to Top