Strewe na vooruitgang, nie volmaaktheid nie

taking-chances-2205

taking-chances-2205Besef jy hoeveel foute die suksesvolle mense wat jy so bewonder, maak voordat hulle uiteindelik in hulle doel slaag? Om foute te begaan, is die onaangename maar onvermydelike deel van vooruitgang.

Dis hoekom Paulus sê, ‘…Om weer hieroor vir julle te skryf maak my nie moeg nie, en vir julle gee dit duidelikheid,’ (Filippense 3:1 NLV) Hy het begryp dat ‘n mens oor en oor moet hoor en doen, voordat jy dit uiteindelik kan regkry. Moet jou egter nie aan ander meet nie, want almal van ons het ander talente ontvang. Die Bybel sê, ‘…Hulle het regtig nie insig nie; hulle meet hulleself aan hulle eie maatstaf’ (2 Korintiërs 10:12 NLV).

Sommige van ons kry tien talente, ander vyf en ander net een. Jou talente, en nie jou drome of wense nie, bepaal jou potensiaal.

Een-talent mense wat dié talent tot sy volle potensiaal gebruik, word net so geprys as vyf-talent mense. Die mense wat in die moeilikheid beland, is egter diegene wat te bang is om te waag. Die vrees om foute te begaan, is hulle grootste fout! Dokter John Maxwell het gesê, ‘Jou prestasie hang van jou toewyding aan oefen af. Voortdurende goeie oefening lei tot voortdurende goeie spel. Dit skerp jou op. Wyse mense verstaan dit, en ontwikkel die dissipline om dit toe te pas.’ Wat maak suksesvolle mense ánders? Dié vier woorde: Nog ‘n klein bietjie. Suksesvolle mense doen wat van hulle verwag word – èn nóg ‘n klein bietjie. Die woord vir jou vandag is dus – strewe na vooruitgang, nie volmaaktheid nie!

Bron : Radiokansel

Scroll to Top