
(1) Dit is altyd moeilik om jou gemaksposisie te verlaat. Moses wou nie die ongekompliseerde lewe in die Farao se paleis opgee nie; ook nie die sekuriteit wat sy nuwe familie in Midian hom gebied het nie. Tog, as hy dit nie gedoen het nie, sou hy gefaal het in God se roeping vir sy lewe. Groot opdragte verg groot opofferings.
(2) Werklike groei begin eers wanneer jy uit jou gemaksposisie tree. 40 jaar lank het Moses gebaat uit alles wat Egipte hom gebied het. Maar eers toe hy Egipte verlaat het, het hy besef wat werklik van belang is: God se doel. Nóg 40 jaar in die woestyn, en hy het verstaan hoe God hom wil gebruik. Teen daardie tyd het God hom gevorm na Sy wil.
(3) ‘n Gemaksposisie ontneem jou van jou grootste oomblikke en herinneringe. Baie mense is so bang vir risiko dat hulle in Egipte – die land van tekort – aanbly. ‘n Paar is bereid om hul gemaksposisies te verlaat en die woestyn binne te gaan – die land van net genoeg. Maar God wil meer vir jou hê. Hy verlang dat jy die wildernis moet verlaat en die
Kopiereg 2009 Radiokansel




