Hoeveel moeite kan ‘n mens maak vir een siel? Ek en Zelda gaan drink eenkeer gou koffie en iemand getuig teenoor ons hoe iemand se lewe ten goede verander het of besig om te verander. Erens het Jesus ‘n afspraak met die man gehad. Ons is van ons “stand af”.
Dit bring my toe by my vraag, “Wat is die prys van een siel?” So baie keer probeer mens mos die massas beweeg. Kyk maar in kerke. Duisende sit daar in die banke en as die net een of twee reageer na ‘n uitnodiging (uit die “potensiële” honderde) om sy lewe reg te maak is dit half teleurstellend…
Zelda antwoord my toe; “Jesus aan die kruis”
Dalk het jy al menigmaal uitgereik na mense of baie moeite gedoen en voel jy dalk mismoedig, resultate opgeweeg teenoor jou moeite, balanseer nie.
Ons kan nie ‘n prys opsit op een siel nie, dis nie met geld en moeite koopbaar nie, maar met die bloed van Jesus.