Ek het ‘n paar goedjies langs die pad geleer.
‘n Skaal het ‘n maksimum gewig wat hy kan dra.
Wanneer jy ysies in die bed lê en suig, moet nie die TV se afstandbeheer langs die ysie neersit nie.
Die petrolliggie in jou motor het ‘n doel.
As die kat wil uitgaan is daar gewoonlik ‘n goeie rede hoekom.
Die lem in die guillotine is skerp vir ‘n spesifieke doel.
“No problem china” beteken nie noodwendig daar is nie ‘n probleem nie.
‘n Potplant moet af en toe water kry.
Die vistenk word nie vanself skoon nie.
Maak seker die lugverfrisser se spuitjie wys weg van jou gesig voor jy spuit…
Om te bid bring die Hemele in beweging.
Om God se Woord te lees bring vir jou wysheid, perspektief en verskaf die regte keuses.
Dit help met die vorming van jou persoonlikheid.
Dit bring vir jou nuwe moed of berusting.
Jy hoor God se stem.
En dan die belangrikste, dit vertel jou hoe lief is God vir jou.
Vader, dankie! Amen
Johann de Jager (ministriesworldwide.net)