Stukkende grassnyer

4591698183

Ongelukkig vir Pieter sit hy een Saterdag met ‘n probleem toe sy grassnywer oppak. Normaalweg sou dit nie ‘n probleem gewees het nie, maar vandag van alle dae is dit ‘n krisis. Sy vrou het ‘n tee partytjie in die tuin gereël en die dorp se A-klas dames is genooi.

Asof dit nie erg genoeg is nie, lyk sy gras dieselfde soos dit jare gelede geadverteer is deur Rolux Magnum grassnyers. As jy dit nie kan onthou nie, in kort; Livingstone het sy pad deur Afrika oopgekloof met daardie grassnyer. ..

Pieter se buurman het egter ‘n grassyner. Die enigste probleem is dat Pieter nie die vrymoedigheid het om hom daarvoor te vra nie en hy weet ook nie hoe Buurman dit gaan hanteer nie. Nou wik en weeg hy of hy vir buurman moet vra.

So spoel ‘n klomp scenarios deur sy gedagtes;

“Wat van as hy ‘n opmerking maak oor my gras?”

“Wat as hy sarkasties raak dat oor my grassnyer?”

“Wat as hy ongeskik raak as ek hom vra?”

Terwyl hy so met sy gedagtes besig is, loer buurman oor die heining en groet vriendelik.

Hy vlieg om en skel sy buurman; “Ag hou jou grassnyer en vlieg maan toe!”

Wat in jou gedagtes aangaan het ‘n enorme impak op jou lewe. Dit beinvloed alle fasette van jou lewe. Dit beinvloed elke mens met wie jy in verbinding kom, jou vrou, jou kinders, jou vriende, jou kollegas, jou boeties en sussies in die gemeente. Selfs jou diere!

Dit het ‘n uitset na jou gesondheid, jou besigheid of werk, politiek… eintlik na alles.

Dink aan die impak hiervan as jy heeltyd skepties of wantrouerig is, negatief is oor alles. Dink verder en hardloop weer deur die lys van mense, diere en omgewings wat dit impakteer.

Nie elke mens is ‘n bitter pil op twee bene nie. Maar of dit 1 uit 10 of 4 uit 10 vlak bitterheid is, dit het ‘n impak.

Ek wil nie regtig die hoekom’s bespreek nie, want dit is ‘n hoofstuk op sy eie, gebroke ouers wat nie van beter geweet het nie, situasies wat mense vir jare gehammer het. Dit kan ons nie wegpraat en wegmaak nie, maar die issue wat my hart vandag aanraak is nie om te verwyt nie, allermins. Ek wil dink aan wat die Here vir ons in gedagte het, wat Hy vir ons koester, Sy drome oor jou lewe.

Sien jouself soos God jou sien, besef jy is kosbaar, jy is waardevol, die moeite werd, jy is begaafd, talentvol en jy het ‘n doel op aarde. Besef dat Hy vir jou gesterf het, sodat jy in Hom die volle lewe kan geniet.

In Jesaja 43:1 verklaar God; “Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!”

Verandering begin by jou. Neem die besluit en vra die Here om jou gedagtes nuut te maak.

Johann de Jager (Ministries Worldwide)

Scroll to Top