Jy
(1) Dink aan iemand anders behalwe jouself. Dawid was so ontsteld, hy was die hele nag lank wakker. Was jy al in so ‘n situasie? Dit is wanneer jy “oor niks besorg (moet wees) nie, maar (jou) begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God,” (Filip. 4:6, NAV). Elia was depressief en het selfmoordneigings gehad toe God aan hom gewys het hoe hy homself kon help. Hoe? Deur uit die grot uit te kom waarin hy weggekruip het, uit te gaan en ander te gaan bedien. Wanneer jy op iemand anders as jouself fokus, gee dit aan jou perspektief. Paulus het gesê: “Geseënd is die God . van alle vertroosting, wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word,” (2 Kor. 1:3-4, NAV). Het jy hulp nodig? Reik uit na ander. Dit is hierdie verbindings met ander wat ons heelmaak!
(2) Moenie verbitter raak nie. Die lewe is 10% wat met jou gebeur en 90% hoe jy daarop reageer. Aartsbiskop Fulton Sheen het gesê: “Niks gee aan ons ‘n groter gevoel van angstigheid as die vals aannames dat die lewe geen bekommernisse moet hê nie.” Wanneer iemand wat jy vertrou het, jou teleurstel of jy finansieel sukkel nadat jy jare lank getrou jou tiende gegee het, voel mens maklik ingedoen. Moet dan nie toelaat dat “verbittering soos ‘n wortel uitspruit (nie),” (Heb. 12:15, NAV), want dit verwoes verhoudings en sny jou af van God se teenwoordigheid. Die antwoord is: “Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God . van julle verwag,” (1 Tess. 5:18, NAV).
© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)