Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Lewe ten volle
Wanneer jy ten volle lewe, het jy drie goed nodig:
(1) ‘n Goeie mentor. Paulus het geskryf: “Wees my navolgers . en let op die mense wat lewe volgens die voorbeeld wat ons vir julle stel,” (Filip. 3:17, NAV). Goeie mentors lei deur hulle voorbeeld, hulle weet dat hulle eers respek moet verdien voordat jy hulle sal volg. Hulle verfyn hulle instruksies deur te kyk waar jou sterk- en swakpunte lê en sal bv. uitvind of jy ‘n regter brein (kreatiewe) of linker brein (analitiese) mens is. Hulle weet of jy visueel of verbaal goed leer. Hulle weet wanneer jy ‘n klop op die skouer of ‘n skop teen die agterent nodig het. As jy so ‘n mentor het, is jy geseënd. As jy nie een het nie, vra God vir een.
(2) Doen jou bes. Andrew Carnegie het gesê: “Dit is nie die moeite werd om mense te probeer help wat nie hulself help nie. Jy kan nie iemand teen ‘n leer opstoot as hy nie self wil opklim nie.”
(3) ‘n Bietjie ekstra. Hierdie is die “ekstra myl” beginsel waarvan Jesus gepraat het (sien Matt. 5:41). Dit behels: (a) ‘n Bietjie ekstra moeite. Art Williams het gesê: “Jy oorwin 50% van die mense deur hard te werk, 40% deur ‘n eerlike persoon te wees . en die laaste 10% kan slegs oorwin word wanneer jy met tande en naels inspring.” As jy ‘n geveg wil wen, besluit om altyd ‘n bietjie ekstra te doen. (b) Ekstra tyd. “Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis,” (Hab. 2:3, NAV). Gutzon Borglum, die beeldhouer van die Amerikaanse Presidente by Mount Rushmore, is gevra of hy dink dat sy werk perfek is. Hy het glo geantwoord: “Nie vandag nie. President Washington se neus is ‘n duim te lank. Dit is egter beter so, want oor die volgende 10 000 jaar gaan dit erodeer totdat dit presies reg is.”
Elke dag was dieselfde, 'Mense het hom daagliks laat sit by die tempelpoort wat as Mooipoort bekend staan...' (Handelinge 3:2 NLV). Wanneer jy probleme het,…