VJ Smith het geskryf: “Ek onthou nie die datum waarop ek Marty ontmoet het nie. Soos met baie ander mense het die ry waarin ek was nie so vinnig beweeg nie en ek het na die kassier gekyk, ‘n man in sy sewentigs. Ek het gedink: ‘Hy is oud en dit vat seker langer vir hom.’
Ek het hom dopgehou. Hy het elke klant gegroet en gevra hoe gaan dit. En toe het hy werklikwaar geluister. ‘n Mens dink nie juis oor die vraag nie. Ek sou kon sê: ‘Ek het nou net uitgevind ek het net ses maande oor om te lewe,’ en iemand sou antwoord, ‘Geniet jou dag!’ Die ou kassier het omgeloop na die klante toe en gesê: ‘Ek wil julle graag bedank dat julle vandag jul inkopies hier gedoen het. Ek hoop julle het ‘n wonderlike dag.’ Hul gesigsuitdrukkings het boekdele gespreek. Daar was groot en verleë glimlagte.
Almal is aangeraak deur hierdie eenvoudige gebaar. Party het weggeloop, gaan stilstaan en teruggekyk, hulle kon nie lekker verstaan wat so pas gebeur het nie. Ek was al honderde kere in daardie winkel en het nog nooit so gevoel na ek daar uit is nie.”
‘n Huweliksberader het ‘n paartjie gevra om ‘n lysie te maak van mekaar se beste eienskappe. Die man het twaalf opgeskryf. Sy vrou kon aan niks dink nie! Die Bybel sê: “… wees geduldig met almal.” Dis moeilik om te doen as jy volmaaktheid wil hê en op die ander persoon se tekortkominge fokus.
Wees dus geduldig met ander, want ons is nie een volmaak nie.
Bron : Radiokansel