Seisoen van mens-wees! (Om opreg te wees!)

Selfish1908

Selfish1908Die moderne samelewing word hoofsaaklik gekenmerk deur ‘n vorm van indiwidualisme. Hierdie leefstyl bou hoe mure, deel min gevoelens en fokus op alles wat ek “myne” kan noem. Die taal word gekenmerk deur die woorde: “ek en myne”. Om opreg en getrou aan myself te wees, weeg baie minder as die “goed, geld en geboue”. Dit het my laat besef dat die klem so bietjie moet skuif van die buitekant na die binnekant van mens-wees.

Dit is om jouself te ken en jou positiewe karaktereienskappe met ander te deel. Jou glimlag en humor, jou omgee en vriendelikheid.

Dit is anders as om beterweterig heeltyd oplossings vir ander te probeer gee. Dit is om getrou aan jouself dit te deel wat eie is aan jou persoonlikheid. Dit is die hand op iemand se skouer en die opbouende woorde van omgee en liefde. Dit is die liefdevolle pa wat sy kinders se trane en teleurstelling sien. Dit is ook die liefdevolle ma wat op haar kniee elke aand dankie se vir die mooi in haar huis. Dit is kinders wat die seisoen van omgee en liefde in hulle ouerhuis raak sien en waardeer- net om weer eendag die mooi van ‘n gesin in die wereld te gaan leef. Selfs al is daar seer en gebrokenheid in sommige gesinne. Dit is om opnuut jouself te ontdek en al die plusse van die lewe raak te sien en dit te begin leef!

Stephan van Heerden (www.klipkerk.co.za)

Scroll to Top