
‘n Koerant het berig oor ‘n vrou wat agter die stuurwiel aan die slaap geraak en deur die veiligheidsrelings van die pad gebars het. Die motor het 18 meter bo die afgrond aan ‘n draadjie gehang. Motoriste het haar te hulp gesnel en toue aan die agterkant van die motor vasgebind en daaraan vasgeklou totdat die nooddiens opgedaag het. ‘n Leer is gebruik om die motor te stabiliseer terwyl die motor aan die insleeptrok vasgeketting is. Elke keer wat die motor effens beweeg het, het die arme vrou gegil. Dit het langer as twee uur geduur vir verbygangers, die snelwegpatrollie, insleeptrokke en brandweer – omtrent 25 mense – om haar na veiligheid te sleep. ‘n Offisier het later vertel, ‘Dit was so eienaardig. Sy het bly skree, “Ek kan dit self doen!”‘ Is jy miskien ook so? As jy die beste wat God aanbied, wil geniet, moet jy na ander reik!
Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)




