
Hoe langer ons dink ons gaan weerstaan, hoe waarskynliker word dit dat ons gaan toegee. Die Bybel sê: ‘Wys dus dat julle van God afhanklik is deur na Hom te luister. Weerstaan die duiwel en hy sal van julle af wegvlug.’ (Jakobus 4:7 NLV). Moenie op die duiwel konsentreer nie, want dan fokus jy steeds op die versoeking.
Moenie net sê, “Satan, gaan weg van my” nie, jy moet ook besef dat jy dit nie alleen kan doen nie. Jy moet jou voor God verootmoedig en erken dat jou krag van Hom kom. Die duiwel sal vlug as jy hom weerstaan deur God aan te gryp. Wees nederig en soek hulp. Wanneer jy dink dat jy dit op jou eie kan behartig, moet jy weet dat jou val op hande is. Beskou dit as ‘n ernstige waarskuwing om jou aan God te onderwerp en te sê, “Here, ek het U krag en wysheid nodig. Lei my nie in die versoeking nie.”
Draai jou rug dan op versoeking.
Bron : Radiokansel



