
Petrus het ware oorgawe getoon toe hy op Jesus se bevel geantwoord het, ‘…”Meneer, …ons het die hele nag hard gewerk en het niks gevang nie. Maar as u so sê, sal ons weer probeer.” En hierdie keer was hulle nette so vol dat dit begin skeur het!’ (Lukas 5:5-6). Oorgawe hou in dat ons gehoorsaam selfs wanneer opdragte nie sin maak nie. Abraham het gevolg sonder om te weet waar hy sou beland. Hanna het gewag sonder om te weet wanneer. Maria het ‘n wonder verwag sonder om te weet hoe. Josef het op God se plan vertrou sonder om te weet waarom. Hierdie mense het hulle ten volle oorgegee. ‘Hoe sal ek weet wanneer ek ten volle oorgegee het?’ vra ons.
Wanneer ons op God vertrou om sake te beredder sonder om ander te probeer manipuleer, ons planne deur te druk of die situasie te probeer beheer. Ons hoef nie beheer uit te oefen nie, ons moet God net toelaat om Sy wil deur te voer.
Bron : Radiokansel



