Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Maak jou syfers (1)
Ons siele smag nie na roem, gemak, rykdom of mag nie. Hierdie dinge skep soveel probleme as wat hulle oplos. Ons siele smag na betekenis vir ons lewens. Die Psalmdigter skryf, ‘Die getal van ons jare kan 70 wees, of as ons sterk is, 80 …’ (Psalm 90:10 NLV) Tagtig jaar is net minder as 30 000 dae. Reken hulle om in ekonomiese terme: R250 000 is genoeg vir ‘n motor, of die deposito op ‘n eiendom. Dis nie regtig baie geld nie – en dis nie regtig baie tyd nie. Ons weet nie een hoeveel tyd ons oor het nie, maar ons weet hoeveel ons tot nou gegun is. As jy jou dae in ewige terme bymekaar moes tel, wat sal jy vir jou lewe kan wys? Job het gesê, ‘My dae gaan vinniger verby as ‘n wewerspoel … (Job 7:6 NLV); ‘My lewe gaan vinniger verby as ‘n naelloper …’ (Job 9:25 NLV).
Bryan Wilkerson sê: ‘Tieners tel hulle vriende … Studente tel hulle punte …, hoeveel biere hulle kan drink … Volwassenes meet sukses aan die aantal slaapkamers in hulle huise, motors in die motorhuis … of die opbrengs van hulle beleggings. Meeste maak twee foute …hulle dink dat hulle so baie [tyd] het dat hulle kan bekostig om dit te mors, of so min tyd dat hulle onmoontlik iets van belang kan doen, hulle probeer dus nie eens nie. Ons dae is soos koffers – almal dieselfde grootte – maar sommige pak meer in hulle s’n as ander. ‘ …Wie met nuttelose dinge besig is, het nie verstand nie. ‘ (Spreuke 12:11 NLV). Om jou dae te tel, beteken om hulle aan God te offer en Sy rigting vir jou lewe te soek.
Geskiedkundige navorsing onderskryf die persoonlike geloof van Amerika se grondleggers. In sy voorwoord tot die tweede uitgawe van Thomas Jefferson se The Life and Morals…