
Jon Gordon sê: “Ons maak ons verstand vol met denke wat ons terughou, gewoontes wat ons beperk, afleidings wat ons die spoor laat byster raak, negatiewe mense wat ons dreineer, vrees wat ons verlam en tydverkwisting wat ons produktiwiteit saboteer. Ons word so vol goed wat negatiewe energie oordra dat daar nie plek vir positiewe energie in ons lewens is nie.
Paulus skryf: ‘… Julle gees en gedagtes moet nuut word…’ (Ef. 4:22-23 NV). Jy moet van die volgende bagasie ontslae raak: die oortuiging dat jy alleen is, die behoefte om almal tevrede te stel, onsekerheid, selftwyfel, negatiewe gevolgtrekkings voor jy weet wat die feite is, eiewysheid, die herroeping van foute wat jy in die verlede gemaak het, die behoefte om al die antwoorde te hê, die vrees dat jy herinneringe sal verloor as jy aandenkings laat gaan, angs omdat jy nie ryk, goed of slim genoeg is nie, om ‘n toeskouer van in plaas van ‘n deelnemer aan die lewe te wees, die gevoel dat jou beste dae verby is, die alewige gewag vir die regte oomblik, negatiwiteit en enigiets anders wat jy nie sal wil hê jou kinders moet erf nie.
Hoe kan jy van jou bagasie ontslae raak? ‘Julle gees en gedagtes moet nuut word…” (Ef. 4:23 NV)
Bron : Radiokansel



