Spanwerk. Bring die versterkings!

ImageSoms is dit nodig dat iemand namens jou bid – iemand wat weet hoe om op God se Woord te staan en met Hom kan gesels oor jou finansies, jou kinders, jou huwelik, ens.
Jakobus is pas tereggestel en Herodus het beplan om Petrus die volgende oggend te vermoor. Mens dink dat Petrus die heelnag lank sou wakker bly om te bid, maar hy het nie. Die Bybel sĂȘ hy het geslaap (sien Hand. 12:6). Waar het hy so ‘n geloof gekry? Die Bybel sĂȘ: “die gemeente het aanhoudend vir hom tot God gebid,” (Hand. 12:5, NAV). Die enigste keer wat jy kan slaap ten spyte van gevaar en genade kan ervaar te midde chaos, is dit as gevolg van een van twee goed:
(1) Jy ken God goed. Jy staan op sy beloftes en jy het die situasie aan Hom oorgegee.   (2) Iemand bid vir jou. Let op dat die kerk nie gesĂȘ het: “As Petrus God se wil uitgevoer het, sou hy nie nou in hierdie gemors gewees het nie,” of “Aangesien Petrus in die tronk is, wie gaan volgende Sondag vir ons bid nie?” Nee, terwyl hulle gebid het vir uitkoms, was God besig om aan die ander kant van die stad te werk en het Hy ‘n engel gestuur om Petrus te bevry. Dit is hoe gebed werk. John Wesley het gesĂȘ: “Ons kan wonderlike goed doen wanneer ons bid, maar ons kan niks doen totdat ons bid nie!”
Voel dit vir jou asof jou gebede nie iets beteken nie? Kry ‘n spanmaat. Bring die versterkings in! Kry iemand wat saam met jou stem, want Jesus het gesĂȘ: “As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem sal my Vader wat in die hemel is, julle dit laat kry,” (Matt. 18:19).
© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)
Scroll to Top