Besluit, en tree op

talents1605

talents1605Elke prestasie begin met ‘n besluit; keuse en nie toeval nie bepaal jou lot. Jesus het die gelykenis vertel van ‘n man wat aan sy slawe talente gegee het om mee te woeker. Die slaaf met tien talente het dit verdubbel. Ook die een met vyf talente. Die derde slaaf was so bang om die een talent te verloor, dat hy dit begrawe het. Sy eienaar was woedend. ‘…”Jou slegte slaaf!…jy [moes] my geld…belê het”…’ (Matteus 25:26-27 NLV). Die Bybel sê, ‘…want ons leef deur te glo en nie deur te sien nie’ (2 Korintiërs 5:7 NLV).

Jy moet bereid wees om deur gebed berekende, weldeurdagte risiko’s te neem, anders tree jy nie in die geloof op nie. En ‘ As jy nie glo nie, is dit onmoontlik om God tevrede te stel.’ (Hebreërs 11:6 NLV). Jesus het sy gelykenis met dié woorde afgesluit, ‘Aan hulle wat dit…goed gebruik, sal nog meer gegee word. Maar van hulle wat niks kan wys nie, sal selfs die bietjie wat hulle het, ook nog weggeneem word’ Matteus 25:29 NLV.

Jou doel moet wees om die maksimum opbrengs uit alles wat jy doen, te kry. Ken Blanchard noem dit die maksimum opbrengs van die lewe. Dit beteken om volkome op God te vertrou; dan gebeur wonders. John Mason sê: ‘Nie wat ons hét nie, maar wat ons gebruik, nie wat ons sién nie, maar wat ons kies – dit is die dinge wat… geluk vertroebel of seën.’ Wanneer jy wat jy wíl doen beperk, beperk jy wat jy kán doen. Vra jouself: as ek nie nóú optree nie, wat gaan dit my uiteindelik kos?

Bron : Radiokansel

Scroll to Top