
Iemand het daarop gewys dat wanneer integriteit jou skeidsregter is, dit wat jy sê en wat jy doen met mekaar ooreenstem. Jou optrede is in ooreenstemming met wat jy glo. In goeie en slegte tye is daar nie ‘n verskil tussen wat jy is, en hoe jy voorkom nie. Integriteit is nie alleen die skeidsregter tussen teenstrydende waardestelsels nie, dis ook die besluitnemer tussen gemoedsrus en innerlike verskeurdheid. Integriteit stel jou vry om in alle omstandighede ‘n heel mens te word.
‘n Persoon wat om ‘n pos aansoek gedoen het, is gevra waarom hy uit sy vorige pos ontslaan is. Hy het gesê, ‘Want ek wou werk huis toe neem.’ Hy was ‘n werknemer by ‘n groot bank! Ons mag daaroor lag, maar 55% van mense vertrou nie die topbestuur van hulle firma nie. Is jy betroubaar? Will Rogers het gesê: ‘Mense se menings word deur waarneming, en nie deur argumente nie, verander. Mense doen wat mense sien. Hulle verstaan wat hulle hoor, maar glo en volg na wat hulle sien.’ Die Psalmdigter sê, ‘Bewaar my van vernedering, want ek vertrou op U. Mag opregtheid en eerlikheid my beskerm…’ (Psalm 25:20-21 NLV).
Bron : Radiokansel



