Om geseënd te wees

Blessing 958a7

Blessing 958a7Van die mens se grootste begeertes is om geseënd te wees! Ons koppel sukses, vooruitgang, vrede, gesondheid ensomeer aan die gedagte. Omdat dit vir ons belangrik om al hierdie dinge te beleef, word dit ons fokus. Hoe meer ons daarop fokus, hoe meer tyd neem dit in beslag en eventueel vervang dit elke aspek van ons gebedslewe. Ons wil geseënd wees.

Seën is ‘n geskenk uit God se hand. Hy het ons geseën in Christus en elke gelowige kan deel in God se seën oor ons lewens. Elke gelowige behoort ook te verstaan dat hy en sy in God se seën kan deel, en hoe ons daarin kan deel. (sien Oktober se boodskappe hieroor)

Seën is egter nie al wat saak maak nie. Om op seën te begin fokus is nie God se plan vir ons lewens nie. Hy is ons fokus. Ons kan maklik God se hande verwar vir Sy aangesig. Seën kom uit Sy hande, maar aanbidding gaan oor Sy aangesig. Baie gelowiges kyk meeste van hul gebedstyd en geestelike lewens na God se hande. Dit gaan oor myself, my voorspoed, my seën ensomeer.

Neem ‘n besluit om hierdie week op Sy aangesig te fokus. Wat is vir Hom belangrik? Verheerlik my gebed Hom? Bring my gebed eer aan God? Of gaan my verhouding met God oor die voordele van Christenskap en wat ek daaruit kan kry?

Wanneer ons terugkeer na God toe en Hom weer ons fokus maak, ontdek ons dat ons nog altyd Sy fokus was. God se seën in jou lewe word nie bepaal deur hoeveel jy daarvoor vra, of daarop fokus nie. Jy is die geseënde van die Here! Bly in Hom, en jy sal geseënd wees! Jy is ingesluit in Jesus Christus!

Neville Goodchild (www.lewendewoordbfn.co.za)

Scroll to Top