Voorbereiding (1)

2011-10-30 201307

2011-10-30 201307Naomi het aan Rut sekere voorskrifte ten opsigte van Boas gegee. Dit laat jou besef dat om saam met God te wandel sekere protokol behels. Die dinge waarvoor jy wag, begin gebeur wanneer jy dit eers verstaan. Dus:

1) Maak seker dis God se wil. Rut was nie sommer op soek na enige man nie. Naomi het haar huiswerk gedoen, en kon Rut beduie waar om die spesifieke man te vind: ‘Vannag sal hy die gars op die dorsvloer uitwaai.’ (Rut 3:2 NLV). Maak seker wat jy van God wil hê voordat jy daarom begin bid. Maak seker dis wat Hy ook wil hê! Moet dit nie najaag as dit nie vir jou bedoel is nie. Moenie iets probeer doen wat goed lyk in iemand anders se lewe nie. God het ‘n plan vir jou – wat uniek en spesifiek is. Hy sal dit aan jou wys.

2) Lê jou verlede af. Naomi het aan Rut gesê, ‘…Gaan bad’ (Rut 3:3 NLV). Boas sou Rut nie aanvaar as sy na Moab (haar streek waar daar hongersnood was) gelyk en geruik het nie. Sy moes haar verlede aflê ten einde haar toekoms te verseker. God sal vir jou ‘n deur oopmaak, maar as jy nie die ou kwessies afgelê het nie, sal jy nie daardeur kan stap nie. Jy kan nie wat God nou vir jou wil gee, ontvang as jy nog deur jou verlede beïnvloed word nie. Dit maak nie saak of dit ses maande of ses jaar duur nie, jy moet jou emosionele laste aflê.

God sê: ‘Vergeet al die dinge wat in die verlede gebeur het, Ek gaan iets nuuts doen’ (Jesaja 43:18-19 NLV).

Bron : Radiokansel

Scroll to Top