
“Vader, U het gesĂȘ dat ek nie bang moet wees nie, omdat U by my is, dat U my sal dra en dat diĂ© wat my teĂ«staan nie suksesvol sal wees nie (sien Jes. 41:10-11).
U het gesĂȘ dat daar geen kwaad oor my sou kom nie, dat geen plaag my huis sal aanraak nie, omdat U die engele opdrag gegee het om my te beskerm (sien Ps. 91:10-11).
U het gesĂȘ dat as ek deur waters van swaarkry moet gaan (wanneer ek tot oor my ore toe daarin is) sal U my nie laat verdrink nie en wanneer ek deur die vuur van teĂ«spoed gaan (as dinge begin warm raak), dat U nie sal toelaat dat ek brand nie, omdat U oor my die wag hou (sien Jes. 43:2-3).
U het gesĂȘ dat geen wapen wat teen my gesmee word iets sal
U het gesĂȘ dat as ek enigiets volgens u wil vra, U gehoor daaraan sal gee (sien 1 Joh. 5:14-15).
U het gesĂȘ as ek in gehoorsaamheid voor U lewe, sal ek geseĂ«n wees as ek ingaan en as ek uitgaan, as ek gaan lĂȘ en as ek gaan opstaan (sien Deut. 28:6).
U het gesĂȘ dat ek al my kommer aan U moet gee, dan sal U dit hanteer (sien 1 Pet. 5:7). Hier is hulle! Vandag staan ek vas in U Woord.
U het dit gesĂȘ! Ek glo dit! Dis dit! Amen.”
© Kopiereg Radiokansel 2007 (www.radiokansel.co.za)

