Laat Jesus jou probleem oplos

mfQRhWbTMBKpPKttHUCzhGA

mfQRhWbTMBKpPKttHUCzhGAIn die Bybelse tyd is daar verwag dat ‘n gasheer wyn sou aanbied. Dit was ‘n blyk van respek aan die gaste, en was ‘n ernstige sosiale flater wees as die wyn sou opraak! Let op hoe Maria die probleem hanteer het: sy het nie verskonings gemaak of ander blameer nie. Sy het die probleem aan Jesus se voete gelê. Dis ‘n slim skuif. ‘Hoe verbeur ons tog die vrede, ag hoe dikwels ly ons smart, net omdat ons nie ons node uitstort in Gods Vaderhart.’

Jesus het die bediendes beveel om die kruike vol water te maak en van die water aan die seremoniemeester te gee. Die Bybel sê toe Hy die water proe, ‘…[het dit] wyn geword…’ (Johannes 2:9). Let op, dit het gebeur nadat hulle Jesus gehoorsaam het, nie voor die tyd nie. Tydens ‘n vurige kerkraadsvergadering het ‘n ouderling voorgestel dat hulle oor die kwessie bid. ‘n Ander een het teruggekap, ‘Is ons nou daar?’

Daar is twee redes waarom ons gebed die laaste uitweg maak in plaas van die eerste: ons dink ons kan die probleem self oplos, en ons voel onwaardig en dink dan, ‘Maria was Sy moeder; sy kon Hom vra. Hy het sekerlik groter probleme as myne om op te los.’ Nee, al jou probleme is vir God belangrik! Hy het jou lief (Psalm 18:20). Hy voel oor jou soos ‘n bruidegom oor sy bruid (Jesaja 62:5).

Jy is nooit te gering om jou Hemelse Vader se hulp te vra nie.

Volg Maria se voorbeeld: bring die probleem na Jesus, doen wat Hy beveel en kyk hoe Hy dit oplos!

Bron : Radiokansel

Scroll to Top