Probeer meer gebalanseerd lewe!

stressed150909

stressed150909Wanneer jy jouself verby die grense van wysheid druk, ly jy dieselfde gevolge as mense wat hulself uitbrand. Hier volg ‘n paar insigte om jou te help:

(1) As jy in ‘n stresvolle omgewing grootgeword het, sal jy dalk nie weet hoe om anders te leef nie. Niks sal verander totdat jy besef dat stres vir jou soos emosionele adrenalien is, en jy daarom aanhou om dit in jou lewe te skep nie.

(2) Wanneer jy in ‘n stoel sit en dit onder jou begin kraak, sê wysheid: “Staan op voordat jy op die vloer beland.” Luister na die waarskuwingstekens van stres en doen iets daaromtrent voordat jou gesondheid ingee en jy van geen hulp vir God of anders mense kan wees nie.

(3) Leer om verstandig te wees. Verstandigheid beteken bloot versigtige bestuur. Om jou tyd, energie en talente beter te bestuur, skryf bloot al die gewoontes neer waaraan jy moet werk. Moenie van almal verwag om binne dag een te verander nie. Begin eers by jouself, en werk aan een of twee dinge op ‘n slag.

(4) Herken jou stressore. Leer om aan te pas, in plaas daarvan dat dinge jou ontstel. Die hele lewe gaan oor verandering!

Raai wat? Jy is veronderstel om moeg te word! Moegheid is God se manier om te keer dat jy jouself oor die afgrond dryf. Wat veroorsaak jou maagsweer, die knoppe in jou nek en die feit dat niemand regtig om jou wil wees nie? Die antwoord op hierdie vraag wys vir jou waaraan jy moet werk!

Kopiereg 2009 Radiokansel

Scroll to Top