Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Onderdrukte woede
Untitled Document
In ‘n koerantartikel, getitel Oorlog se dodelike oorskiet bedreig Europeërs, wat in 1994 gepubliseer is, skryf Christopher Burns, ‘n verslaggewer van Associated Press: ‘Die bomme van die Tweede Wêreldoorlog veroorsaak nog steeds dood in Europa. Vyftig jaar na die skietstilstand duik hulle steeds op, en ontplof hulle soms, op konstruksieterreine, in visnette, of op strande. Honderde ton plofstof word jaarliks in Frankryk alleen opgespoor. Dertien bomme het in 1993 in Frankryk ontplof; 12 mense het gesterf en 11 is gewond. Yvon Bouvet, die hoof van ‘n span wat bomme van die Eerste én Tweede Wêreldoorloë in die Champagne-Ardennes gebied opspoor en onskadelik maak, sê ‘Ek het reeds twee kollegas verloor. Onontplofte bomme word algaande gevaarliker omdat die korrosie in die binnekant die wapen onstabiel maak en selfs die slagdop kan ontbloot.’
So is dit ook met onderdrukte woede: dit ontplof wanneer jy dit die minste verwag. Woede is nie iets om op trots te wees nie, dis iets waaroor ‘n mens moet bid, want: dit maak die mense naaste aan jou seer; dit laat jou ander respek verloor; dit maak deure toe en laat geleenthede verlore gaan; dit stel jou in die gevaar by God. Die Skrif sê die volgende oor onderdrukte woede: ‘Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende.’ (Psalm 37:8 1983-Vertaling). ‘Selfbeheersing is beter as om ‘n stad in te neem.’ (Spreuke 16:32 NLV). ”n Verstandige mens hou homself in bedwang. Hy stel sy eer daarin om ander se oortredings oor te sien.’ (Spreuke 19:11 NLV).
It’s your best friend’s wedding. “I’ll take care of the reception,” you’d volunteered. You planned the best party possible. You hired the band, rented the…
Ons vertel dikwels eensydige verhale van hoe ons suksesse behaal en wonderlike hoogtes bereik het - en mense word deur hierdie 'suksesverhale' mismoedig gemaak! Hulle…
Ons lewe in ‘n wêreld vol bekommernis. Natuurrampe soos tornado’s, aardbewings en tsoenami’s, menslike rampe soos oorloë, terrorisme, finansiële ineenstortings en stygende oliepryse veroorsaak dat…