
Ons het ‘n geromantiseerde idee dat ons “werksliefde met eerste oogopslag” sal vind. Maar wat as jou werk jou nie opgewonde maak nie? Ortberg skryf: “Passie vir ons werk is gewoonlik nie ‘n vulkaan wat wag om uit te bars nie. Dis ‘n spier wat elke dag ‘n bietjie sterker word soos ons doen wat van ons verwag word, en so ‘n bietjie meer.” Paulus het geskryf: “Julle moenie mense probeer tevrede stel deur net te werk as iemand kyk nie. Nee, werk met opregtheid van hart omdat julle eerbied vir die Here het. Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here… Die Eienaar vir wie julle werk, is Christus! Wie onreg doen, kry hulle onreg terug.” (Kolossense 3:22-25 NLV).
Dalk sou dit help om ‘n plakkaat op jou lessenaar te sit: “Doen jou bes vir die Here”
Hoekom?
Jy verteenwoordig Christus in die werkplek en wanneer jy getrou is in die klein dingetjies, sal Hy jou bevorder tot groter dinge (Matteus 5:21).
Bron Radiokansel



