
Nee! Ons moet ons kinders leer dat hulle verantwoordelikheid moet aanvaar vir hule dade, anders gaan dit hulle iewers inhaal: “‘n Man maai wat hy saai.” Ouer, om verantwoordelikheid te neem vir jou kinders, beteken dat hulle verantwoordelikheid moet aanvaar wanneer hulle die reëls breek, met die verkeerde vriende deurmekaar raak, “dinge” probeer soos drank, dwelms en voorhuwelikse seks, afkyk in toetse, of eers by die huis kom na in kom tyd. Klink dit te streng? Jou opregte opmerking is dalk: “Ek wil hê dat hulle al die voorregte moet geniet wat ek nie as kind kon geniet nie.” Maar dit gaan dalk veroorsaak dat hulle bederfde kinders en op die ou einde bederfde groot mense word. Voorkoming is defnitief beter as genesing. Dalk sê jy: “Wanneer ek saans by die huis kom, is ek te moeg om hulle te dissiplineer.” Wel iemand gaan dit doen en dalk net is dit die polisie na jou kind dronk bestuur het. Jou verantwoordelikheid aan jou kinders is in die eerste plek om hulle toe te rus vir die lewe wat voorlê en dit sluit die kweek van verantwoordelikheidsin in.
Die hoëpriester, Eli, het die hoogste sport in sy beroep bereik. Daar was net een probleem – hy het nie verantwoordelikheid geneem vir sy gesin nie. Die gevolg was dat hy en sy seuns vroeg gesterf het. God het gesê: “Ek het aan hom bekend gemaak dat Ek sy familie . gaan straf . toe sy seuns die vloek oor hulle gebring het, het hy hulle nie bestraf nie.”
© 2007 Radiokansel. www.radiokansel.co.za


